Dit is Pinterest se missie om almal te inspireer om ’n lewe te skep waaroor hulle mal is, en dit is wat ons lei wanneer ons ons inhoudbeleide opstel en afdwing. 

Nie alles op die internet is inspirerend nie; ons het dus veiligheidsmaatreëls vir wat aanvaarbaar is op Pinterest en wat nie toegelaat word nie. Ons modereringspraktyke ontwikkel voortdurend om by te hou met nuwe gedrag en tendense en om vir die mense op ons platform ’n meer positiewe plek op die internet te skep. Ons belê steeds daadwerklik in maatreëls soos masjienleertegnologie om beleidoortredende inhoud op Pinterest te beveg. Ons werk ook saam met kundiges en organisasies van buite om ons beleide en inhoudmodereringpraktyke te ontwikkel.

Ons het in 2013 ’n tweejaarlikse  deursigtigheidverslag begin publiseer en het dit in 2020 begin uitbrei om meer inligting in te sluit oor wat ons doen om ons  gemeenskapsriglyne te handhaaf. Jy sal in elke verslag inligting kry oor ons pogings om ons platform veilig en inspirerend te hou, soos die getal Speld- en rekeningdeaktiverings. Verslae sluit ook insigte in oor die getal inligtings- en deaktiveringsversoeke wat ons van wetstoepassers en regeringsinstansie af gekry het.

Ons jongste verslag

Ons jongste verslag oor globale deursigtigheid dek die eerste helfte van 2023, van Januarie tot Julie.

Bekyk verslag