Pinterest respekteer ander mense se handelsmerkregte en verwag van Pinners om dieselfde te doen. Pinterest kan toegang deaktiveer tot inhoud wat ander mense mislei of iemand anders se handelsmerkregte oortree. Pinterest kan ook gebruikers se rekeninge opskort of beëindig as hulle sodanige inhoud plaas of deel. Daarbenewens kan Pinterest gebruikername oordra wanneer dit gepas is.

As jy bekommerd is dat iemand dalk jou handelsmerk op ’n skendende manier op Pinterest gebruik, moet jy ons in kennis stel deur ’n handelsmerkskendingsverslag deur ons eenvoudige aanlyn vorm in te dien. Ons sal jou indiening nagaan en gepas optree.

Hoewel die handelsmerkskendingsverslag die beste manier is om kwessies met ons te deel, kan jy ook vir ons ’n e-pos na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) stuur.

As jou inhoud op grond van ’n handelsmerkskendingsverslag verwyder word, kan jy dit betwis deur ’n e-pos na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) te stuur en jy kan ons laat weet hoekom jy dink die verslag is ongeldig. Sluit asseblief die handelsmerkskendingsverslag se verwysingsnommer in. As jy wil hê ons moet die handelsmerkskendingsverslag se inligting aanstuur, laat ons weet deur ’n e-pos na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) te stuur met die handelsmerkklagte se verwysingsnommer. Ons sal dit met graagte aanstuur (hoewel ons dalk persoonlike kontakinligting sal verwyder).  

Dit is ons beleid – onder toepaslike omstandighede en na ons goeddunke – om die rekeninge van mense wat herhaaldelik handelsmerkregte skend of herhaaldelik aangekla word van handelsmerk- of ander intellektuele-eiendomskendings, te deaktiveer of beëindig.  Optrede teen sulke gebruikers kan onder meer ook tydelike opskorting insluit van hul vermoë om inhoud te plaas. 

Dien ’n handelsmerkskendingsverslag in

Om ’n handelsmerkskendingsverslag in te dien, kan jy ons aanlyn vorm voltooi.

Voltooi die handelsmerkklagtevorm

As jy verkies om nie hierdie vorm te gebruik nie, moet jy die volgende inligting na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) stuur:

  • Jou volle wetlike naam en jou elektroniese of fisieke handtekening (byvoorbeeld deur jou volle naam te tik).
  • Identifikasie van handelsmerk(e) wat volgens jou geskend is (bv. verskaf ’n handelsmerkregistrasienommer of materiaal wat gemenereghandelsmerkregte demonstreer).
  • Die inhoud op Pinterest wat jy beweer jou regte skend, insluitend die inligting wat ons nodig het om dit te help vind, soos die URL na die inhoud (Speld, bord of rekening)  op Pinterest.
  • Verduideliking hoekom jy glo die gerapporteerde inhoud jou handelsmerkregte skend.
  • ’n Verklaring dat:
    • Jy in goeder trou glo dat gebruik van die handelsmerke wat in jou verslag beskryf word, jou handelsmerk(e) of die handelsmerk(e) skend van ’n eienaar wat jy verteenwoordig.
    • Jy verklaar dat die inligting in jou verslag waar en korrek is. 
    • Onder straf van meineed, jy die handelsmerk(e) besit wat na bewering geskend is, of uitdruklik gemagtig is om namens die eienaar op te tree.
    • Jy verstaan dat ’n afskrif van die verslag na die gebruiker gestuur kan word wat vir die gerapporteerde inhoud verantwoordelik is.
  • Jou posadres, foonnommer en e-posadres.
  • Appelleer teen ’n verslag oor handelsmerkskending

    As jy meen ’n Speld is foutiewelik verwyder, of dat die handelsmerkeienaar met ’n aspek ’n fout gemaak het (bv. jy voer aan jou Speld skend nie die rapporteerder se handelsmerkregte nie, of die rapporteerder besit nie die handelsmerk nie), kan jy die verslag betwis deur ’n e-pos te stuur na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com).  Verskaf asseblief die volgende om ’n appèl in te dien: 

  • ’n Verklaring wat verduidelik dat jy te goeder trou oortuig is dat jou gebruik van die handelsmerk nie skendend is nie, en jou rede vir hierdie oortuiging
  • ’n Verklaring dat jy verstaan dat ’n afskrif van die appèl na die huidige rekeninghouer(s) gestuur kan word wat deur jou appèl geraak word
  • Jou naam, adres en telefoonnommer
  • ’n Verklaring dat die inligting in jou appèl akkuraat is

     
  • Teenvervalsing op Pinterest

    Pinterest verbied gebruikers om vervalste goedere op Pinterest te verkoop of te bevorder. Vervalste goedere is goedere wat bevorder, verkoop of versprei word met ’n handelsmerk wat identies is aan, of wesenlik ononderskeibaar is van, iemand anders se handelsmerk, sonder die handelsmerkeienaar se toestemming. 

    As jy glo dat  inhoud op Pinterest vervalsings verkoop of bevorder, kan jy ’n vervalsingsverslag deur ons eenvoudige aanlyn vorm indien. Jy kan ook beweerde vervalsing rapporteer deur vir ons ’n e-pos te stuur na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com)

    Ons sal jou indiening nagaan en gepas optree.  

    As jou inhoud op grond van ’n vervalsingsverslag verwyder word, kan jy dit betwis deur ’n e-pos na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) te stuur en ons laat weet hoekom jy dink die verslag is ongeldig. Sluit asseblief die verslag se verwysingsnommer in. As jy wil hê ons moet die vervalsingsverslag se inligting aanstuur, laat ons weet deur ’n e-pos na trademark [at] pinterest.com (trademark[at]pinterest[dot]com) te stuur met die verslag se verwysingsnommer. Ons sal dit met graagte aanstuur (hoewel ons dalk persoonlike kontakinligting sal verwyder).  

    Dit is ons beleid – onder toepaslike omstandighede en na ons goeddunke – om die rekeninge van gebruikers wat in blatante of herhaaldelike vervalsing betrokke raak, op te skort of te beëindig. Gebruikers wie se inhoud weens oortreding van ons vervalsingsbeleid verwyder word, kan bykomende gevolge dra, soos terugtrekking van toegang tot sekere dienste of programme (bv. adverteringsvoorregte, handelaar- en geverifieerdehandelaarsprogramme).

     

    Voltooi die vervalsingsrapporteringsvorm