Indien jy in die EEA, VK en Switersland woon, kan jy jou huidige privaatheidsbeleid hier lees. Die onderstaande privaatheidsbeleid sal op 30 April 2024 vir die EEA, VK en Switserland in werking tree.

Kaliforniese privaatheidsverklaring

Inwoners van Kalifornië: Sien asseblief ons Kalifornië-privaatheidsverklaring en -kennisgewing by inwinning hier

Opsomming van veranderinge

Ons werk hard om ons gebruik van persoonlike data duidelik te maak en om jou regte en keuses maklik te maak om te verstaan. Ons het meer besonderhede bygevoeg oor die persoonlike data wat ons insamel en hoe ons dit mag deel.

Dankie dat jy Pinterest gebruik!

Ons missie is om almal die inspirasie te bring om 'n lewe te skep waarvan hulle hou. Om dit te doen, wys ons vir jou verpersoonlikte inhoud en advertensies waarin ons dink jy sal belangstel op grond van inligting wat ons by jou en ander partye insamel. 

Ons het hierdie beleid geskryf om jou te help verstaan watter inligting ons inwin, hoe ons dit gebruik en watter keuses jy daaroor het. Sommige van die onderstaande konsepte is ’n bietjie tegnies, maar ons het ons bes probeer om dinge op ’n eenvoudige en duidelike manier te verduidelik.

 

Omvang van die privaatheidsbeleid

Dit is Pinterest se wêreldwye privaatheidsbeleid. Ons het hier onder uitgelig waar ’n spesifieke afdeling op jou van toepassing is op grond van waar jy woon. 

Vir die doeleindes van die algemene databeskermingsregulasie (“GDPR”), is Pinterest Europe Ltd en Pinterest, Inc. gesamentlike databeheerders van jou persoonlike data as jy ’n inwoner van die EEA, Switserland en Brittanje is. Pinterest Europe Ltd. is 'n Ierse maatskappy met sy geregistreerde kantoor in Palmerston House, 2nd Floor, Fenian Street, Dublin 2, Ireland.  Pinterest, Inc. is 'n Amerikaanse maatskappy met sy geregistreerde kantoor by 651 Brannan St., San Francisco, CA 94107, USA. Pinterest Europe Ltd is die verantwoordelike beheerder wat sleutelverpligtinge ingevolge die GDPR nakom.  As jy enige navrae oor ons dataverwerkingsaktiwiteite het, kan jy gerus ons databeskermingsbeampte kontak.

Ons samel inligting op 'n paar verskillende maniere in
1. Wanneer jy dit vir ons gee of ons toestemming gee om dit te verkry

Wanneer jy Pinterest-webwerwe, -apps, -tegnologie, -API’s, -legstukke of enige ander produkte of funksies gebruik wat ons bied (“Pinterest” of die “Dienste”), deel jy vrywillig sekere inligting.

  • Rekeninginligting: Wanneer jy by ons dienste aansluit, samel ons inligting, soos jou naam, e-posadres, verjaarsdag, geslag, land waar jy woon, belange en voorkeurtaal, in. As jy ’n besigheidsrekening het, sal jy moontlik, afhangend van waar jy woon, die opsie hê om ras- en etnisiteitinligting by jou profiel te voeg.
  • Inhoud: Ons samel inligting in wanneer jy Spelde, foto’s of ander inhoud stoor of oplaai, interaksie het met Spelde of ander inhoud (byvoorbeeld as jy ’n opmerking maak of ’n Speld byvoeg), of wanneer jy boodskappe stuur en interaksie met ander gebruikers het. 
  • Presiese liggingsinligting: Jy kan afhangend van waar jy woon, besluit om jou presiese ligging in jou toestelinstellings te deel. 
  • Jou kommunikasie met ons: As jy ons kliëntediens kontak of andersins met ons kommunikeer, samel ons die inhoud van hierdie kommunikasie in. 
  • Jou kontakte: As jy voorheen gekies het om jou kontakte met jou rekening te sinkroniseer, sal ons voortgaan om sekere inligting oor jou kontakte in te samel wat Pinterest-gebruikers is, om julle te help om mekaar op ons dienste te vind.
  • 2. Ons kry ook tegniese inligting wanneer jy Pinterest gebruik

    Wanneer jy 'n webwerf, mobiele app of ander internetdiens gebruik, word sekere internet- en elektroniese netwerk-aktiwiteitsinligting outomaties geskep en aangeteken. Dit is ook waar wanneer jy Pinterest gebruik. Hier is van die soorte inligting wat ons insamel:

  • Toestelinligting: Ons samel inligting oor jou toestel in wat jy gebruik om toegang tot ons dienste te kry, insluitend die tipe toestel, bedryfstelsel, netwerkdiensverskaffer, instellings en unieke toestelidentifiseerders.
  • Loglêerdata: Wanneer jy ons dienste gebruik, teken ons bedieners inligting (“loglêerdata”) aan, insluitend inligting wat jou webblaaier outomaties stuur wanneer jy ook al ’n webwerf besoek, of wat jou mobiele app outomaties stuur wanneer jy dit gebruik. Hierdie loglêerdata sluit byvoorbeeld jou internetprotokoladres (IP) in, aktiwiteit op webwerwe wat jy besoek wat Pinterest-funksies insluit (soos die “Stoor”-knoppie), webblaaiertipe en -instellings, en die datum en tyd waarop jy toegang gekry het tot die dienste. Jy kan hier meer uitvind oor die loglêerdata wat ons versamel.
  • Inligting vanaf webkoekies of soortgelyke tegnologie: Ons gebruik ook “webkoekies” of soortgelyke tegnologie om loglêerdata te bekom. Ons gebruik byvoorbeeld webkoekies om jou taalvoorkeure of ander instellings te bewaar, sodat jy dit nie elke keer hoef op te stel as jy Pinterest besoek nie. Vir meer inligting oor hoe ons webkoekies gebruik, lees asseblief ons webkoekiebeleid.
  • Gebruiksdata en -afleidings. Wanneer jy ons dienste gebruik, gebruik ons jou aktiwiteit – soos op watter Spelde jy klik, terme wat jy opsoek, borde wat jy skep en enige teks wat jy in ’n opmerking of beskrywing byvoeg – saam met inligting wat jy verskaf het toe jy die eerste keer aangesluit het en inligting van ons vennote en adverteerders om afleidings oor jou en jou voorkeure te maak. As jy byvoorbeeld 'n bord oor reis skep, kan ons aflei dat jy 'n reisentoesias is. Ons kan ook ander inligting soos jou opvoeding of professionele ervaring aflei. 
  • Liggingsinligting: Ons gebruik jou IP-adres om jou benaderde ligging af te lei, selfs as jy kies om nie jou presiese ligging te deel nie, en foto’s wat jy deel, kan inligting bevat oor die ligging waar dit geneem is.
  • Gebruikerkeuses: Ons sal ’n rekord hou van jou keuses in jou instellings, insluitend privaatheidinstellings en of jy kennisgewings geaktiveer het.
  • 3. Ons vennote en adverteerders deel inligting met ons

    Ons ontvang ook inligting oor jou en jou aktiwiteit buite Pinterest van ons geaffilieerdes, adverteerders, vennote en ander derde partye met wie ons saamwerk. Byvoorbeeld:

  • Derdepartyplatforms: As jy met ’n derdepartyplatform (soos Facebook of Google) vir die diens registreer of daarby aanmeld, sal hulle sekere inligting aan ons verskaf om jou rekeningskepping of aanmelding by ons te vergemaklik. Daarbenewens, as jy jou derdepartyrekeninge aan ons dienste koppel, kan ons inligting van daardie rekeninge gebruik om jou ervaring te verbeter. Verder gebruik sommige derdepartytoepassings ook Pinterest-funksies, soos ons “Stoor”-knoppie, of jy kan ons “Stoor”-knoppie vir jou webblaaier installeer. Indien wel, samel ons lêerdata, insluitend gebruiksdata, van daardie webwerwe of toeps in. 
  • Tegniesediensvennote: Ons ontvang soms inligting oor jou vanaf ons tegniesediensvennote, insluitend bemarkingsfirmas.
  • Adverteerders of ander vennote: Aanlyn adverteerders of derde partye deel inligting oor jou met ons om die doeltreffendheid van advertensies op Pinterest te meet, daaroor te rapporteer en te verbeter, of om ons te help om beter te verstaan watter tipe advertensies om vir jou op Pinterest te wys. Ons sal byvoorbeeld dalk inligting oor jou besoeke aan ’n adverteerder se webwerf ontvang of oor aankope wat jy by hulle gedoen het, of inligting oor jou belangstellings van ’n derdepartydiens af, wat ons dalk sal gebruik om advertensies vir jou op ons diens te wys. Ons kry soms hierdie inligting deur die Pinterest-merking (’n kode wat ’n adverteerder op hul webwerf plaas) wat insigte aan ons en ons advertensievennote lewer oor wat ’n persoon op hul webwerf doen nadat hulle na ’n advertensie op ons dienste gekyk het. Vind meer uit oor die Pinterest-merking en die tipe inligting wat adverteerders of ander derde partye met ons deel. 
  • Jy kan in jou Privaatheid- en data-instellings beheer hoe ons hierdie inligting gebruik om jou ervaring en die advertensies wat jy op Pinterest sien, te verpersoonlik. 

    Hoe ons die inligting gebruik wat ons insamel

    Ons is daartoe verbind om vir jou inhoud te wys wat relevant, interessant en persoonlik vir jou is. Om dit te kan doen, gebruik ons jou inligting om jou ervaring te verskaf en te verbeter, insluitend:

  • Identifiseer jou wanneer jy ons dienste gebruik.
  • Beveel Spelde, borde of inhoud aan waarvan jy dalk sal hou, op grond van jou aktiwiteit op ons dienste en jou buitewerfoptrede. As ons byvoorbeeld sien jy hou van inhoud op Pinterest in verband met kosmaak, sal ons kosverwante Spelde vir jou voorstel. Insgelyks, as jy webwerwe besoek wat elektriese kitare verkoop, kan ons kitaarverwante Spelde aan jou voorstel. Lees asseblief ons diensbepalings vir meer inligting oor hoe ons inhoud vir jou aanbeveel. 
  • Reageer op jou vrae of opmerkings.
  • Bou jou gemeenskap met ons dienste. Ons gebruik jou inligting om mense met soortgelyke belangstellings voor te stel. As jy byvoorbeeld borde oor binnenshuise versiering volg, kan ons binne-ontwerpers voorstel van wie jy dalk sal hou. Ons gebruik ook data om jou vriende en kontakte te help om jou op Pinterest te vind. Mense kan byvoorbeeld jou rekening op Pinterest met jou e-posadres soek. As jy voorheen gekies het om jou kontakte Pinterest-rekening te sinkroniseer, sal ons sekere inligting oor jou kontakte wat Pinterest-gebruikers is insamel, om jou te help om hulle op ons dienste te vind.
  • Laat soek met foto’s toe as jy verkies. As jy byvoorbeeld 'n foto neem van 'n paar skoene of 'n meubelstuk waarvan jy hou, kan jy ons vra om jou soortgelyke items te wys. Jy kan in jou toestel se bedryfstelselinstellings hierop inteken.
  • Identifiseer jou presiese ligging en pasmaak jou ervaring op ons dienste, afhangend van waar jy woon en met jou toestemming. As ons byvoorbeeld weet dat jy naby 'n kleinhandelaar is, kan ons jou daardie kleinhandelaar se Spelde wys wat vir jou van belang kan wees. Jy in jou toestel se bedryfstelselinstellings hierop inteken (en uitteken).
  • Stuur vir jou opdaterings, insluitend per e-pos, stoot-berig, teksboodskap of foon. Jy kan enige tyd by ons promosionele e-posse uitteken en besluit om nie meer ander berigte te kry nie, deur jou instellings op te dateer.
  • Ons gebruik jou inligting in ons poging om ons dienste te verbeter, ons gebruikers en die publiek veilig te hou en om ons regsbelange te beskerm. Ons doen dus die volgende:

  • Gaan jou aktiwiteit en boodskappe op ons dienste na om strooipos of aktiwiteit te bespeur wat ’n risiko vir ons gemeenskap of die publiek inhou. Dit kan beteken om saam met wetstoepassers te werk om Pinterest veilig te hou.
  • Ontleed gebruikers se loglêerdata en toestelinligting om verdagte optrede of oortredings van ons beleide of bepalings te identifiseer en ondersoek.
  • Voer ouderdomsbevestiging uit, soos toepaslik. Dit kan gesigsouderdomsberaming insluit en om jou gesig met ’n regerings-ID te vergelyk. 
  • Kan moontlik toegang kry tot inligting in verband met ’n regseis, litigasie of regulatoriese verrigtinge.  
  • Voer ontledings en navorsing uit oor wie ons dienste gebruik en wat hulle daarmee doen. Byvoorbeeld, deur op te teken hoe dikwels mense twee verskillende weergawes van 'n funksie op Pinterest gebruik, kan ons verstaan watter weergawe beter is.
  • Verbeter die produkte en dienste van ons familie van maatskappye en bied nuwe funksies. Om byvoorbeeld inligting te gebruik vir opleiding, ontwikkeling en verbetering van ons tegnologie, soos ons masjienleermodelle.  
  • Skep saamgevoegde of gedeïdentifiseerde inligting wat nie kan gebruik word om jou te identifiseer nie. Pinterest verwerk, onderhou en gebruik hierdie inligting net op ’n gedeïdentifiseerde wyse vir die doeleindes van hierdie privaatheidsbeleid en sal nie probeer om sodanige inligting te heridentifiseer nie.

     
  • Ons gebruik ook jou inligting om die advertensies wat jy sien, te verpersoonlik

    Ons gebruik spesifiek die inligting wat ons insamel om:

  • Besluit watter advertensies om direk op Pinterest vir jou te wys en, afhangende van waar jy woon, vir jou advertensies deur ons vennote te wys. As jy byvoorbeeld belangstelling toon in tente op Pinterest of na slaapsakke op een van ons vennote se webwerwe kyk, sal ons dalk vir jou advertensies vir ander buitelugprodukte wys. Ons pas die advertensie inhoud wat ons vir jou wys aan deur jou belangstellings te identifiseer op grond van jou aktiwiteite op en buite die werf, sowel as deur die inligting wat ons van advertensievennote of ander derde partye ontvang. Wanneer ons webkoekies gebruik om jou belange buite die werf te identifiseer, sal ons jou toestemming kry wanneer dit nodig is. 
  • Pinterest-produkte en dienste op ander werwe en apps aan jou te adverteer. Om dit te doen, maak ons inligting soos webkoekie-ID’s, jou IP-adres of ’n hutsweergawe van jou e-posadres aan derde partye soos Facebook Ads, Google Marketing Platform en ander bekend, wat daardie inligting met ander inligting wat hulle reeds oor jou het kan kombineer en advertensies oor Pinterest aan jou kan wys. Vind meer uit oor ons bemarkingspraktyke buite Pinterest en hoe om te onttrek daarvan.
  • Laat weet ons advertensievennote hoe hul Pinterest-advertensies vaar en hoe om dit Om dit te doen, maak ons inligting oor die advertensies wat jy sien of waarby jy op Pinterest betrokke raak aan ons adverteerders en derdeparty-maatskappye bekend om die doeltreffendheid van die advertensies te verbeter wat ons of hulle gebruik om die lewering en doeltreffendheid van advertensies of inhoud op webwerwe en apps te oudit of verbeter. Sommige van hierdie inligting word saamgevoeg. Ons sal byvoorbeeld aan ’n adverteerder rapporteer dat ’n sekere persentasie mense wat ’n Speld gesien het, daarna die adverteerder se werf besoek het. Afhangend van waar jy woon en jou instellings, kan ons ook hierdie inligting op ’n individuele vlak bekend maak. Ons sal byvoorbeeld ’n adverteerder laat weet dat ’n spesifieke Speld deur sekere mense gestoor is. Besoek asseblief die hulpsentrum om meer uit te vind omtrent rapportering oor advertensies.
  • Sommige van hierdie aktiwiteite kan as “geteikende reklame”, “deling” of “verkope” beskou word, soos hierdie terme ingevolge sekere deelstaatprivaatheidswette in die VSA beskryf word. Jy kan onttrek van Pinterest se gebruik en bekendmaking van jou inligting vir hierdie doeleindes. Jy kan dit in jou privaatheid- en datainstellings doen. 

    Wanneer ons koekies gebruik om meer oor jou gedrag op en buite ons dienste uit te vind, sal ons of ons vennote die toestemming kry wat ons ingevolge toepaslike wetgewing benodig. Om meer uit te vind oor hoe ons koekies gebruik, lees asseblief ons koekiebeleid.

    Bykomende inligting vir die data van EEA, Switserse en Britse inwoners: Regsgronde waarop ons staatmaak wanneer ons jou inligting gebruik

    Die onderstaande afdeling is slegs van toepassing op inwoners van die EEA, Switserland en Brittanje. Ingevolge toepaslike databeskermingswetgewing in die Europese Streek (soos die GDPR), moet maatskappye ’n wetlike regverdiging hê om jou inligting vir die verskillende doeleindes te verwerk soos in hierdie privaatheidsbeleid beskryf word. 

    Daar is ook spesifieke regte aan jou beskikbaar, afhangend van die regsgronde wat ons gebruik. Dit word hier onder verduidelik.

    Ons maak staat op ons of ’n derde party se wettige belange wanneer jou belange en fundamentele regte nie belangriker is nie.

    Om vir jou relevante, interessante en persoonlike inhoud te wys, doen ons die volgende: 

    • Identifiseer jou wanneer jy ons dienste gebruik.
    • Beveel Spelde, borde, onderwerpe of inhoud aan waarvan jy dalk sal hou, op grond van jou aktiwiteit op As jy byvoorbeeld betrokke raak met  inhoud in verband met kosmaak op Pinterest, sal ons dalk kosverwante Spelde en borde voorstel. 
    • Pasmaak jou Pinterest-ervaring op grond van jou buitewerfoptrede. As jy byvoorbeeld webwerwe besoek wat elektriese kitare verkoop, kan ons kitaarverwante Spelde aan jou voorstel.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Dit is in ons belang en in die belang van Pinterest-gebruikers om ’n verpersoonlikte, unieke en relevante aanbieding te kry, want dit is hoekom gebruikers die diens gebruik.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om jou gemeenskap op ons dienste te bou, doen ons die volgende:

    • Ander mense voor te stel wat soortgelyke belangstellings het. As jy byvoorbeeld borde oor binnenshuise versiering volg, kan ons binne-ontwerpers voorstel van wie jy dalk sal hou.
    • Help jou vriende en kontakte om jou op Pinterest te vind. As jy byvoorbeeld met 'n Facebook-rekening aanmeld, kan ons jou Facebook-vriende help om jou op Pinterest te vind wanneer hulle die eerste keer vir Pinterest registreer. Of mense kan met jou e-posadres na jou rekening op Pinterest soek. As jy besluit om jou kontakte met jou Pinterest-rekening te sinkroniseer, sal ons toegang kry tot kontakte wat op jou toestel gestoor is om jou te help om uit te vind of jou kontakte ons dienste gebruik.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Dit is in ons belang om jou te help om verbindings te maak wat jy dalk ken, sodat ons ’n relevante en unieke diens kan lewer.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud
    • Liggingsinligting 
    • Jou kontakte 
    • Loglêerdata
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om Pinterest veilig te maak en te hou, doen ons die volgende:

    • Werk saam met wetstoepassing en navorsers om Pinterest veilig te hou. Ons mag dalk versoeke vir rekeninginligting van wetstoepassingsowerhede, soos die polisie of howe, of van navorsers ontvang om aktiwiteit op Pinterest te studeer. Om meer uit te vind oor hoe ons op wetstoepassingsversoeke reageer, lees asseblief ons Wetstoepassingsriglyne.
    • Ontleed gebruikers se loglêerdata en toestelinligting om verdagte optrede of oortreding van ons beleide of bepalings te identifiseer en ondersoek.
    • Gaan jou aktiwiteit en boodskappe op ons dienste na om strooipos of aktiwiteit te bespeur wat ’n risiko vir jou, ons gemeenskap en/of lede van die publiek se veiligheid inhou.
    • Voer ouderdomsbevestiging uit. Dit kan gesigsouderdomsberaming insluit en om jou gesig met 'n regerings-ID te vergelyk.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    • Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang om Pinterest-stelsels te beveilig en strooipos, bedreigings, misbruik of skendingsaktiwiteite te beveg en veiligheid en sekuriteit op Pinterest te bevorder. 
    • Dit is ook in ons en ander gebruikers se belang om seker te maak ons dienste word in ooreenstemming met ons bepalings gebruik.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    Die werklike inligting wat gebruik word, hang af van feitelike omstandighede, maar kan enige van die volgende insluit:

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Jou kommunikasie met ons
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om ons dienste te verbeter, innoveer en ontwikkel, doen ons die volgende:

    • Statistiese ontleding en navorsing uit te voer oor wie Pinterest gebruik en wat hulle doen. Byvoorbeeld, deur op te teken hoe dikwels mense twee verskillende weergawes van 'n funksie op Pinterest gebruik, kan ons verstaan watter weergawe beter is.
    • Verbeter die produkte en dienste van ons familie van maatskappye en bied nuwe funksie Om byvoorbeeld inligting te gebruik vir opleiding, ontwikkeling en verbetering van ons tegnologie, soos ons masjienleermodelle.  Sommige van hierdie inligting kan saamgevoeg of geïdentifiseer word.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang dat ons die diens op ’n ingeligte manier verbeter, bevorder en ontwikkel. 

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Jou kommunikasie met ons
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om regsadvies te soek of Pinterest in regsake of ander geskille te beskerm, doen ons die volgende: 

    • Behou en deel inligting wanneer ons regsadvies soek of nodig het om onsself in die konteks van regsake of ander geskille te beskerm. Dit sluit oortredings van ons bepalings en beleide in.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    • Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang om op klagtes te reageer en om bedrog, ongemagtigde gebruik van Pinterest, oortredings van ons bepalings en beleide of skadelike of onwettige aktiwiteit te voorkom en te hanteer.
    • Dit is in ons belang om regsadvies te soek en onsself (insluitend ons regte, personeel, eiendom of produkte), ons gebruikers en ander mense te beskerm, insluitend as deel van ondersoeke of regulatoriese navrae en regsake of ander geskille.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    Die werklike inligting wat gebruik word, hang af van feitelike omstandighede, maar kan enige van die volgende insluit: 

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Jou kommunikasie met ons
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om met jou te kommunikeer, doen ons die volgende:

    • Reageer op jou vrae of opmerkings.
    • Vir jou opdaterings (soos wanneer sekere aktiwiteite, soos store of opmerkings op Pinterest gebeur) en nuus per e-pos of stootkennisgewing te stuur, afhangende van jou instellings. Ons stuur byvoorbeeld weeklikse opdaterings wat Spelde insluit waarvan jy dalk sal hou. Afhangend van waar jy woon, kan dit bemarking wees, en in sekere gevalle sal ons jou toestemming kry. Jy kan besluit om op te hou om hierdie kennisgewings te kry deur jou instellings op te dateer.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    • Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang om ons kliëntediens voortdurend te verbeter en ontwikkel. 
    • Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang om meer te leer oor nuwe funksies en elemente wat vir hulle van belang kan wees. 

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Jou kommunikasie met ons
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om relevante, interessante en persoonlike reklame oor ons dienste te lewer, doen ons die volgende:

    • Besluit op grond van inligting oor ons dienste watter advertensies om vir jou te wys. As jy byvoorbeeld in kampeertente op Pinterest belangstel, kan ons vir jou advertensies vir ander buitelugprodukte wys. 

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Dit is in ons en Pinterest-gebruikers se belang om relevante en interessante advertensies vir produkte of dienste te ontvang waarin hulle belangstel, eerder as om lukrake en generiese advertensies te ontvang waarin hulle glad nie belangstel nie. Dit is ook die hoofinkomstebron van die diens en laat gebruikers toe om aan te hou om die diens gratis te gebruik, terwyl Pinterest ’n inkomste genereer.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Jou kommunikasie met ons
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om meting en statistiese ontleding van advertensies te verskaf, doen ons die volgende:

    • Gebruik saamgevoegde inligting van ons metingverskaffers om vir ons advertensievennote te sê hoe hul Pinterest-advertensies presteer en hoe om dit te verbeter. Ons sal byvoorbeeld aan ’n adverteerder rapporteer dat ’n sekere persentasie mense wat ’n Speld gesien het daarná die adverteerder se webwerf besoek het. Besoek asseblief die hulpsentrum om meer uit te vind omtrent rapportering oor advertensies.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Dit is in ons belang om dit vir besigheidsrekeninge en adverteerders moontlik te maak om te sien en verstaan hoe hul advertensies en inhoud presteer het, asook wie die gehoor is wat hul advertensies of inhoud gekyk of daarmee interaksie gehad het. Ons doen dit sodat hulle ingeligte besluite kan neem (soos watter tipe advertensieveldtogte hulle dalk moet voer, die tipe gehoor wat hulle wil bereik en die tipes inhoud wat hul gebruikers die meeste geniet). Dit is ook in die belang van ander gebruikers, want dit help om die reklame en ander inhoud wat ons vir gebruikers wys, relevant en vermaaklik te hou, en dit hou die diens gratis vir alle gebruikers.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Om relevante, interessante en persoonlike advertensies oor Pinterest buite Pinterest te lewer, doen ons die volgende: 

    • Adverteer Pinterest-produkte en -dienste op ander webwerwe aan jou. Om dit te doen, maak ons inligting soos webkoekie-ID’s, jou IP-adres, en ’n hutsweergawe van jou e-posadres aan dienste bekend wat ons gebruik om Pinterest aan jou te bemark op werwe en apps buiten Pinterest, soos Facebook Ads, Google Marketing Platform en ander.

    Wettige belange waarop staatgemaak word

    Ons het ’n wettige belang om relevante, interessante en persoonlike advertensies aan jou te lewer, om sodoende ’n inkomste te genereer. 

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    • Rekeninginligting (uitsluitend ras of etnisiteit)
    • Inhoud 
    • Liggingsinligting 
    • Loglêerdata 
    • Inligting uit webkoekiedata en soortgelyke tegnologie (Lees ons webkoekiebeleid om meer uit te vind oor hoe ons webkoekies gebruik)
    • Toestelinligting 
    • Gebruiksdata en -afleidings
    • Gebruikerkeuses 
    • Data van ander bronne af (derdepartyplatforms, tegniesediensvennote, adverteerders en ander vennote)

    Hoekom en hoe ons jou inligting gebruik

    Om aan regs- en regulatoriese verpligtinge te voldoen

    • Om toegang te kry tot inligting, dit te stoor, bewaar of deel, wanneer dit gedoen word om op ’n hofbevel, deursoeklasbrief, opleweringsbevel, dagvaarding of soortgelyke regsversoek te reageer. 
    • Om toegang te kry tot inligting, dit te stoor, bewaar of deel wanneer ons dink dit is redelikerwys nodig om aan regs- of regulatoriese verpligtinge te voldoen, insluitend om dit met wetstoepassings- of ander owerhede te deel.
    • Om versoeke en klagtes te hanteer en op te los. Ons behou ingevolge GDPR korrespondensie verwant aan datasubjekversoeke vir twee jaar, in die geval dat daardie versoeke nie opgelos word nie en die korrespondensie nodig is om enige gevolglike klagtes te hanteer. In sulke gevalle, word die korrespondensie gehou terwyl daardie klagtes opgelos word.

    Voorbeelde van wette wat ons kan verplig om inligting op bogenoemde manier te verwerk, sluit in:

    • Regulatoriese sake: om aan regulatoriese verpligtinge soos privaatheidswetgewing (ADSR) en die Digitale Dienstewet (DDW) te voldoen.
    • Siviele, kommersiële, strafregtelike of verbruikerbeskermingsake: Wanneer ons ’n hofbevel ontvang het om inligting bekend te maak vir die doeleindes van hofverrigtinge of regulatoriese navrae (bv. bevele of verpligte versoeke ingevolge die Wet op Ierse Mededinging en Verbruikersbeskerming van 2014, GDPR).
    • Korporatiewe en belastingsake: verpligtinge soos die Wet op Ierse Maatskappye van 2014 en die Wet op Belastingkonsolidering van 1997.

    Kwessies aangaande die veiligheid van ons diens en om regte, eiendom en gebruikers te beskerm

    • Ons behou inligting wanneer dit nodig is om misbruik van ons dienste te ondersoek, soos byvoorbeeld strooipos en ander slegte ervarings. As ons ’n rekening deaktiveer omdat dit ons bepalings oortree het, bewaar ons ook inligting oor daardie gebruiker vir veiligheids-, sekuriteits- en integriteitsdoeleindes.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    Enige van die kategorieë inligting wat in “Ons samel inligting op ’n paar verskillende maniere in” gelys word, buiten inligting oor presiese ligging (wat ons nie van gebruikers in EER, Switserland of die VK insamel nie).

    Hoe en hoekom ons jou inligting gebruik

    Wanneer jy vir ons toestemming gegee het (byvoorbeeld in jou toestelinstellings):

    • Laat soek met foto’s toe. As jy byvoorbeeld 'n foto neem van 'n paar skoene of 'n meubelstuk waarvan jy hou, kan jy ons vra om jou soortgelyke items te wys. Jy kan in jou toestel se bedryfstelselinstellings hierop inteken.
    • Advertensies op Pinterest op grond van aktiwiteite buite die werf. Ons pasmaak die advertensie-inhoud wat ons vir jou wys deur jou belangstellings te identifiseer op grond van jou aktiwiteite buite die werf, asook deur inligting te gebruik wat ons van advertensievennnote of ander derde partye ontvang. Wanneer advertensievennote of ander derde partye inligting oor jou met ons deel, maak ons staat op die toestemming wat hulle reeds verkry het.
    • Leidraadadvertensies. As jy inligting deur ’n leidraadadvertensievorm indien (byvoorbeeld as jy inteken op ’n adverteerder se poslys of vir ’n konsultasie), sal ons daardie inligting met die adverteerder deel soos dit op die vorm beskryf word.
    • Bevordering van skeppers. As jy kies om ras- of etnisiteitinligting te deel, sal ons dit gebruik om jou as skepper te bevorder, byvoorbeeld tydens Swartgeskiedenismaand, of ons sal jou oor gebeurtenisse kontak.

    Inligtingskategorieë wat gebruik word

    Enige van die kategorieë inligting wat in “Ons samel inligting op ’n paar verskillende maniere in” gelys word, buiten inligting oor presiese ligging (wat ons nie van gebruikers in EER, Switserland of die VK insamel nie).

    Wanneer ons op toestemming staatmaak, kan jy daardie toestemming enige tyd terugtrek.

    Jou regte en keuses

    Ons bied jou sekere keuses om jou data te beheer. Afhangend van waar jy woon (bv. EEA, Switserland, Brittanje, VSA), sal hierdie keuses moontlik ook privaatheidsregte wees wat jy ingevolge plaaslike wetgewing het. Om hierdie regte uit te oefen, gaan asseblief na jou rekeninginstellings, en as jy steeds hulp nodig het, na ons hulpsentrum.  

  • Toegang: Jy kan toegang tot die inligting wat ons oor jou insamel en bewaar in ’n draagbare formaat versoek. Jy kan meer inligting hieroor by ons Hulpsentrum vind. 
  • Korreksie/regstelling: Jy kan jou inligting regstel deur inligting in jou profiel op te dateer.
  • Skrapping/uitvee: Jy kan jou inligting laat skrap. Kies “Skrap jou data en rekening” in instellings en volg die instruksies.  
  • Onttrek aan “geteikende reklame”, “deling” of “verkope”: Soos bo beskryf word, kan sommige van ons aktiwiteite “geteikende reklame,” “deling” of “verkope” insluit, soos hierdie terme ingevolge sekere deelstaatprivaatheidswette in die VSA beskryf word. Jy kan enige tyd onttrek deur die instruksies in jou Privaatheid- en Datainstellings-kieslys te volg. Let daarop dat jy steeds advertensies oor ons dienste sal sien, maar hulle sal nie deur buitewerfdata ingelig word nie.
  • Wanneer ons op toestemming staatmaak, kan jy daardie toestemming enige tyd terugtrek. 

     

    As jy in die EEA, Brittanje of Switserland woon, het jy ook ’n paar bykomende regte: 

    • Reg om beswaar te maak teen verwerking of dit te beperk: Jy kan beswaar maak teen direkte bemarking van ons af, of wanneer ons staatmaak op wettige belange om jou inligting te verwerk. Jy kan op hierdie vorm beswaar maak.
    • Reg om toestemming terug te trek: Wanneer ons op toestemming as ’n regsbasis vir die verwerking van jou data staatmaak, kan jy jou toestemming op enige stadium terugtrek. Die wettigheid van Pinterest se verwerking voordat jy jou toestemming terugtrek, sal nie by so terugtrekking beïnvloed word nie.
    • Reg tot oordraagbaarheid: Jy kan die inligting wat jy aan ons verskaf het aan 'n ander organisasie laat stuur, waar ons hierdie inligting met jou toestemming hou of vir die uitvoering van 'n kontrak met jou, en waar dit tegnies haalbaar is vir ons om dit te doen.
    • Reg om ’n klagte in te dien: As jy in die EEA, Switserland of Brittanje woon, het jy die reg om ’n klagte by jou land se toesighoudende gesag in te dien. 
      • Die toepaslike databeskermingsgesag in Brittanje is: Information Commissioner's Office, Wycliffe House, Water Lane, Wilmslow, Cheshire, SK9 5AF, +44 (0303) 123 1113, email: casework@ico.org.uk. 
      • Die toepaslike databeskermingsgesag in Ierland is: Data Protection Commission, 21 Fitzwilliam Square South, Dublin 2, D02 RD28, +353 017650100 / + 353 1800437737, email: info@dataprotection.ie of die volgende aanlyn vorm kan gebruik word: Vorms vir databeskerming.

    Ons sal nie teen jou diskrimineer as jy besluit om jou regte of opsies met betrekking tot jou persoonlike inligting uit te oefen nie. Hierdie regte kan beperk wees, byvoorbeeld as voldoening aan jou versoek persoonlike data oor iemand anders sal openbaar, waar dit die regte van ’n derde party (insluitend ons regte) sal oortree, of as jy ons vra om inligting te skrap wat ons volgens wet moet hou of wanneer ons ’n uitsonderlike wettige belang het om dit te hou. As ons jou versoek weier om jou regte uit te oefen, het jy moontlik die reg om ons besluit te appelleer deur ons by privacy-support [at] pinterest.com (privacy-support[at]pinterest[dot]com)  te kontak.

    Jy het keuses rakende jou inligting op Pinterest. As jy 'n Pinterest-rekening het, word baie van hierdie kontroles direk in Pinterest of jou instellings ingebou. Jy kan byvoorbeeld: Inligting in jou profiel wysig, Jou Pinterest-rekening koppel of ontkoppel van ander dienste (soos Facebook of Google), Geheime bordinstellings wysig en Jou rekening enige tyd sluit. Ons ondersteun ook instellings soos Beperk advertensienasporing in iOS en Advertensieverpersoonliking in Android-toestelle. 

    Jy het ook keuses beskikbaar via die toestel of sagteware wat jy gebruik om toegang tot Pinterest te verkry. Byvoorbeeld:

  • Met die webblaaier wat jy gebruik, kan jy dalk koekies of ander soorte plaaslike databerging beheer.
  • Jou mobiele toestel laat jou toe om te kies hoe en of jou presiese ligging, foto's, kontakte en ander data met ons gedeel word.
  • Ons sal die voorkeur van gebruikers wat in sekere Amerikaanse state woon en ’n uittekenvoorkeursein geaktiveer het (soos "Global Privacy Control"), respekteer wanneer hulle Pinterest gebruik.

    Hoe en wanneer ons inligting deel

    Enigiemand kan die openbare inhoud sien wat jy plaas, soos borde en Spelde wat jy skep en openbare profielinligting wat jy vir ons gee. Afhangend van waar jy woon, maak ons ook hierdie openbare inligting beskikbaar deur wat bekend is as API’s (’n tegniese manier om inligting vinnig te deel). 'n Vennoot kan byvoorbeeld bestudeer wat hul gewildste Spelde is of hoe hul Spelde op Pinterest gedeel word deur 'n Pinterest-API te gebruik. Ons deel ook die kategorieë met inligting soos hierbo beskryf word:

  • Met ander dienste, onder jou leiding. Wanneer jy byvoorbeeld besluit om jou Pinterest-rekening te koppel aan derdepartydienste, of wanneer jy jou inhoud op Pinterest publiseer na sodanige dienste, sê jy vir ons om sekere inligting aan daardie dienste bekend te maak. Skeppers kan vir ons sê om inligting met adverteerders of ander vennote vir betaalde betrokkenheid te deel.
  • Afhangend van waar jy woon, deel ons data vir reklame- en verwante doeleindes, insluitend wanneer ons vir jou advertensies oor Pinterest op derdepartydienste wys, advertensies deur ons vennote wys en adverteerders help verstaan hoe advertensies op Pinterest presteer. Wanner jy byvoorbeeld 'n leidraadadvertensievorm invul of op 'n advertensie op Pinterest klik, deel ons hierdie inligting met advertensievennote.
  • Met diensverskaffers wat ons in diens neem om inligting namens ons te verwerk op grond van ons instruksies en vir die doeleindes wat in die privaatheidsbeleid beskryf word. Ons deel byvoorbeeld data met sekuriteitskonsultante om ons te help om strooipos beter te identifiseer. Van die inligting wat ons bekom, word dalk namens ons deur diensverskaffers ingesamel.
  • Met wetstoepassingsagentskappe, staatsinstansies, navorsers of ander partye in ooreenstemming met wetgewing, reëls of regulasies. Ons kan byvoorbeeld versoeke kry vir rekeninginligting vanaf wetstoepassingsowerhede, soos die polisie of howe. Ons maak slegs inligting bekend in reaksie op sulke versoeke as ons glo dat openbaarmaking redelikerwys nodig is om aan ’n wet, regulasie of regsversoek te voldoen; om die veiligheid, regte of eiendom van die publiek, enige persoon of Pinterest te beskerm, of om bedrog, tegniese of sekuriteitsprobleme op te spoor, te voorkom of andersins te hanteer. Ons mag ook inligting deel as ons glo dit sal dreigende en ernstige skade aan 'n persoon in noodsituasies voorkom. Om meer uit te vind oor hoe ons op wetstoepassingsversoeke reageer, lees asseblief ons Wetstoepassingsriglyne. Ons mag jou publiek toeganklike inligting met onafhanklike navorsers,  wat aan sekere kriteria voldoen, deel om maatskaplike skade te bestry. 
  • Met ons korporatiewe familie van maatskappye, insluitend volfiliale en geaffilieerdes. As ons betrokke sou raak by 'n samesmelting, verkryging, bankrotskap, ontbinding, herorganisasie of soortgelyke transaksie of verrigtinge wat die oordrag van die inligting behels wat in hierdie privaatheidsbeleid beskryf word, sal ons jou inligting deel met 'n party wat betrokke is by so 'n proses (byvoorbeeld 'n potensiële koper).
  • Oordrag van jou inligting

    Pinterest is 'n wêreldwye diens. Deur ons produkte of dienste te gebruik, magtig jy ons om jou inligting buite jou eie land, insluitend in die Verenigde State, oor te dra en te stoor vir die doeleindes wat in hierdie beleid beskryf word. Die privaatheidsbeskerming en die regte van owerhede om toegang tot jou persoonlike inligting in sulke lande te verkry, is miskien nie gelykstaande aan dié van jou eie land nie.

    As jy in die EER, Switserland of Brittanje woon, doen ons bykomende stappe in verband met data-oordragte. Inligting wat deur Pinterest Europe Limited beheer word, sal oorgedra word na, of gestoor en verwerk word in, die VSA of ander lande waar jy nie woon nie, vir die doeleindes soos dit in hierdie beleid beskryf word. Veiligheidsmaatreëls waarop ons staatmaak om seker te maak jou inligting kry ’n voldoende vlak van beskerming, sluit die volgende in:  

    Toereikendheidsbeslissings. Dit is beslissings wat ingevolge Artikel 45 ADSR (of ekwivalente beslissings ingevolge ander wetgewing) deur die Europese Kommissie uitgereik is, waarin hulle erken dat ’n land ’n toereikende vlak van databeskerming bied. Ons dra jou inligting oor soos dit beskryf word in “Hoe ons die inligting gebruik wat ons insamel” na sommige lande met sulke toereikendheidsbeslissings, soos die lande wat hier gelys word, of 

    Standaard kontraktuele klousules (“SKK's”). Die Europese Kommissie het kontraktuele klousules ingevolge Artikel 46 van die ADSR goedgekeur, wat maatskappye in die EER toelaat om data na buite die EER oor te dra. Hierdie klousules (en hul goedgekeurde ekwivalente vir die VK en Switserland) word standaard kontraktuele klousules genoem. Ons maak op standaard kontraktuele klousules staat om inligting soos beskryf in “Hoe ons die inligting gebruik wat ons insamel” oor te dra aan derde partye in lande sonder ’n toereikendheidsbeslissing. 

    Hoewel oordragte na lande wat nie ’n toereikendheidbeslissing het nie tipies op grond van SKK’s plaasvind, kan oordragte onder sekere omstandighede ook op grond van uitsonderings ingevolge databeskermingswetgewing plaasvind. Byvoorbeeld om met wetstoepassing te deel in noodsituasies waar ons uitvind ’n persoon se lewe in gevaar is. 

    Ons identifiseer en gebruik ook bykomende beskermingsmaatreëls soos gepas vir elke data-oordrag. Ons gebruik byvoorbeeld:

    • tegniese beskermingsmaatreëls soos enkripsie en pseudonimisering, en 
    • beleide en prosesse om buitensporige of onwettige staatsowerheidversoeke aan te veg.

    Vir ’n afskrif van hierdie toereikendheidsbeslissings of SKK's, kan jy ons gerus kontak by die besonderhede wat in die Kontak ons-afdeling hier onder verskaf word.

    개인정보를 제공받는 자
    (연락처)
     
    개인정보가 이전되는 국가 이전 시기 및 방법 이전되는 개인정보 항목 개인정보를 제공받는 자의
    수집 및 이용 목적
     
    개인정보를 제공받는 자의 개인정보 보유 및 이용기간 이전 근거
    Pinterest Inc.

    651 Brannan Street, San Francisco, CA 94107, USA.

    (정보보호책임자에게 연락할 수 있습니다)

    미국 필요에 따라 수시로 통신망을 통해 전송 상기 열거된 정보 일체 이용자에게 관련성 있고 흥미로운 개인 맞춤형 콘텐츠 제공

    Pinterest 서비스의 개선, 이용자 및 공공의 안전 유지 및 법익 보호

    Pinterest서비스에 개인 맞춤형 광고 게재

    관계 법령상 달리 요구되지 않는 한, 회원님의 개인정보는  목적 달성 시까지 보유됩니다 정보주체의 동의

    Meta Platforms, Inc.

    (여기를 통해서도 Meta에게 연락할 수 있습니다)

    미국 필요에 따라 수시로 통신망을 통해 전송 핀 미디어

    핀 설명

    핀 링크

    Pinterest 상에 존재하는 회원님의 콘텐츠를 Instagram에 게시할 때, 회원님은 Instagram에 대하여 특정 정보의 공개를 지시하게 됩니다. 관계 법령상 달리 요구되지 않는 한, 회원님의 개인정보는  목적 달성 시까지 보유됩니다 정보주체의 동의

    Pinterest Europe Limited는 아일랜드에 위치해 있으며, 회원님의 개인정보는 아일랜드에서 수집 및 처리됩니다.
    개인정보의 국외이전을 거부하기 위해서는 Pinterest의 고객센터로 연락하여 주시기 바랍니다. 다만, 국외이전에 동의하지 않을 경우 Pinterest 서비스 이용이 제한될 수 있습니다.

    Hoe lank ons jou inligting hou

    Ons hou jou inligting net so lank as ons dit nodig het om Pinterest aan jou te verskaf en die doeleindes te bereik wat in hierdie beleid beskryf word. As ons nie meer jou inligting hoef te gebruik nie en dit nie nodig is vir ons om dit te hou om ons wetlike of regulatoriese verpligtinge na te kom nie, sal ons dit óf van ons stelsels verwyder óf dit deverpersoonlik sodat ons jou nie kan identifiseer nie.

    As jy in die EER, die VK of Switserland woon, is hier verdere inligting oor ons behoudpraktyke: Ons hou jou inligting net so lank as dit nodig is vir doeleindes wat in hierdie privaatheidsbeleid vervat word, insluitend verskaffing van ons diens of ander wetlike doeleindes, soos voldoening aan wetlike verpligtinge, afdwinging en voorkoming van ons bepalings, om strooipos te beveg of om ons regte, eiendom en gebruikers te beskerm of verdedig. Die bergingstydperke word per geval bepaal. Ons hou rekeninginligting, soos jou naam, e-posadres en wagwoord, terwyl jou rekening bestaan, want ons het dit nodig om jou rekening te bedryf.

    Ons beleid oor kinders se inligting

    Kinders onder 13 mag nie Pinterest gebruik nie. As jy in ’n deelstaat of land met ’n ouer ouderdomsvereiste woon, kan jy net die dienste gebruik as jy so oud of ouer is as die ouderdom waarop jy toestemming kan gee vir dataverwerking. Besoek die hulpsentrum vir meer inligting.

    Hoe ons veranderinge aan hierdie beleid aanbring

    Ons kan hierdie beleid van tyd tot tyd verander, en as ons dit doen, sal ons enige veranderinge op hierdie bladsy plaas. As jy voorgaan om Pinterest te gebruik nadat daardie veranderinge van krag is, is die nuwe beleid op jou van toepassing. Indien die veranderinge beduidend is, sal ons moontlik ’n meer prominente kennisgewing verskaf, soos om vir jou ’n e-pos te stuur.

    Kontak ons

    Die beste manier om met ons in aanraking te kom of om jou opsies wat hierbo beskryf is, uit te oefen, is deur die Hulpsentrum. As jy in die Verenigde State woon, is Pinterest, Inc. verantwoordelik vir jou inligting. Jy kan Pinterest Inc. kontak by 651 Brannan Street, San Francisco, CA 94107, USA.

    Jy kan ook ons databeskermingsbeampte kontak.

    Effektiewe datum buite EEA, die VK en Switserland: 13 Maart 2024 

    Effektiewe datum in EEA, die VK en Switserland: 30 April 2024